| Wat is "HOSTING" |
|
|
|
| Written by Maryke van Rensburg | |||||||
| Friday, 17 April 2009 | |||||||
Wat is Hosting?Hosting of web hosting is 'n globale term. Dit beteken dat daar 'n gasheer (host) is wat beskryf kan word as 'n diens (service) wat disk spasie (disk space) aanbied vir jou, die kliënt, waar jy jou webtuiste (website) kan publiseer op die Wêreld Wye Net (World Wide Web - www). By sekere hosting companies moet jy vir die hoeveelheid megagrepe (megabytes) betaal wat op jou rekening toegelaat word. Besoek gerus www.filing4africa.com om jou hosting package te kies. Die groot verskil tussen betaalde en gratis webspsie vind mens gewoonlik in die sogemaande ekstra dienste. Gratis webspasie wat aangebied word is gewoonlik net genoeg om 'n eenvoudige webtuiste te hardloop met geen programmering nie. Geen databasisse en gevorderde tegnologie is dan ook gewoonlik nie beskikbaar nie. 'n Verdere irritasie waarmee jy opgeskeep sal wees is advertensies op jou webtuiste van ander diensverskaffers, en jy as gratis verbruiker kan ongelukkig dit nie verwyder nie. Dit is natuurlik nie die enigste negatiewe punte nie. Jy sal dalk tevrede moet wees met 'n domain name soos http://gebruikers.gratiswebspasie.co.za/jou_website. Sulke tipe adresse is baie moeilik vir jou klënt om te onthou en ditis juis wat jy nie wil hê nie! As jy die volle voordeel van die internet wil hê, is dit beter om gebruik te maak van 'n host wat vir jou 'n pakket kan gee wat jou begroting sal pas. Besoek gerus www.filing4africa.com om jou hosting package te kies.
Only registered users can write comments!
Powered by !JoomlaComment 3.25
3.25 Copyright (C) 2007 Alain Georgette / Copyright (C) 2006 Frantisek Hliva. All rights reserved." |
|||||||

















