| Wat beteken DOMAIN NAME |
|
|
|
| Written by Maryke | |||||||
| Thursday, 02 April 2009 | |||||||
DOMAIN NAME Wat is DNS (Domain Name System) 'n "Domain Name" is 'n unieke naam vir 'n rekenaar se IP (Internet Protokol) adres. Elke rekenaar het 'n unieke internet protokol nommer. Maar om hierdie nommers te onthou is baie moeilik, daarom gebruik ons die DNS (Domain Name System) wat elke rekenaar meer herkenbaar maak. Die IP is soos jou telefoonnommer. DNS laat bekende stringe (herkenbare woorde) toe om in plaas van ingewikkelde IP adresse gebruik te word. Met ander woorde, in plaas van om 193.0.55.67 (net 'n voorbeeld) te tik, tik jy www.avrs.co.za. Dit is makliker om te onthou.Die proses om die domain naam te vertaal na die IP adres word "resolving the domain name" genoem. Die doel van DNS is om elke internetgebruiker instaat te stel om enige domian naam van enige plek in die wêreld te bereik. Registreer vandag nog vir jou 'n unieke Domain Name! Wat is "universal resolvability" en hoekom is dit belangrik? Dink aan die telefoon sisteem. Wanneer jy 'n nommer skakel, lui dit by 'n spesifieke plek want daar is 'n sentrale nommer plan wat verseker dat elke telefoonnommer uniek is. DNS werk op dieselfde basis. Indien 'n telefoonnommer of domain name nie globaal uniek is nie, sal oproepe en e-posse wat vir 'n spesifieke persoon bedoel is, na iemand anders gaan met dieselfde nommer om domain name. Sonder hierdie unieke protokol sisteem sal beide sisteme onvoorspelbaar on onbetroubaar wees. Dus, om voorspelbare resultate van enige plek op die internet te lewer, word "universal resolvability" genoem. As jy 'n e-pos na jou tante Koba stuur, gee jy om of sy dit ontvang? Sal dit saakmaak as dit na jou oom Jakob in Rondomskrik gaan? Wag ... het jy ooit 'n oom Jakob? Wie se oom Jakob het dit dan ontvang? Sal dit jou pla as jy vir tante Koba 'n e-pos stuur van die werk en dit bereik haar, maar as jy dit van die huis af stuur gaan dit na iemand ander se oom Jakob? Natuurlik gee ons om wie ons e-posse ontvang. Dit is hoekom ons in die eerste plek die moeite gedoen het om dit te stuur. Daarom is dit belangrik dat die regte persoon die regte e-pos ontvang! Om mee af te sluit. 'n Domain Name is dus jou unieke identiteit op die internet.
Only registered users can write comments!
Powered by !JoomlaComment 3.25
3.25 Copyright (C) 2007 Alain Georgette / Copyright (C) 2006 Frantisek Hliva. All rights reserved." |
|||||||
| Last Updated ( Thursday, 16 April 2009 ) | |||||||

















